

SKELVIS EN AARTAPPELGEREG OP DIE STOOF
1 liter melk
5 gerookte skelvisfilette, ontdooi
4 groot aartappels, geskil en in dun skywe gesny
2 teelepels knoffel, opgekap
2 teelepels botter
1 pakkie spek, gesnipper
1 ui, gesny
1 pak sampioene, gesny
1 koppie room
3 handevol gerasperde beleë cheddarkaas
Plaas die vis en 500 ml van die melk in ‘m swaarboompot.
Laat dit vir 5 minute prut.
Pak die aartappelskywe bo-op, en voeg die res van die melk by.
Prut vir 15 minute.
Braai intussen die spek, ui en sampioene in die botter en knoffel.
Voeg die room en cheddar by.
Roer goed.
Gooi dit oor die vismengsel en prut vir 5 minute.
Bedien op rys.
Foto: Melissa Ann Vermeulen






