SEWE MINUTE POTPOEDING
In ‘n pot bo op die stoof.
Vinnig maklik en heerlik.
BESLAG
½ koppie botter
1 eier, geklits
½ koppie gouestroop of appelkooskonfyt
1 koppie koekmeel
¾ teelepel koeksoda
STROOP
3 koppies water
1 teelepel gemmer
¾ koppie suiker
Kook saam tot suiker gesmelt is. Hou eenkant.
Smelt die botter, stroop/konfyt en koeksoda saam.
Roer eier by.
Gooi die meel by.
Skep eetlepels vol in die stroop.
Sit delsel op en kook vir 7 minute.
Moenie die deksel oplig nie.
BRON/FOTO: Leandri Potgieter








