Wat is ’n basaartafel of piekniekmandjie sonder ’n bottel yskoue gemmerbier?
Maak: 7 liter
Bereidingstyd: 25 minute, plus 12-24 uur staantyd
3 liter sterk rooibostee
15 ml (10g of 1 pakkie) kitsgis
800 g (4 x 250 ml) witsuiker
3 liter koue water
30 ml fyn gemmer
250 ml rosyne
5 ml kremetart
1 Meng ’n bietjie rooibostee met die kitsgis en roer totdat dit opgelos het.
Voeg die suiker by die orige rooibostee en roer totdat dit ook opgelos het. Gooi die koue water en gemmer by, asook die rosyne en kremetart. Bedek die mengsel met ’n klam moeseliendoek en laat dit vir 12-24 uur staan of totdat die rosyne bo dryf en die mengsel begin gis.
2 Syg die gemmerbier deur ’n skoon moeseliendoek en bottel dit. Hou die bottels in die yskas.
Foto: Jacqueline Holker
One thought on “ROOIBOS-GEMMERBIER”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
geskuif