
RONEL SE KORSLOSE QUICHE
Resep en foto: Ronel Grobbelaar
FOOD LOVERS RECIPES
Was bietjie lus vir quiche, maar eet nie op oomblik stysel. So toe maak ek hom sonder ‘n kors.
Braai die volgende saam:
½ pakkie spek, gesnipper
bietjie uie, fyn gekap
½ pakkie sampioene
100 g spinasie
Klits die volgende saam:
1 houertjie room
4 eiers
2 teelepels mosterdpoeier
bietjie sout, peper en paprika
Ekstra:
3 koppies gerasperde kaas
Sit die spekmengsel in ‘n voorbereide oondbak, sprinkel die gerasper kaas oor en giet die roommengsel oor.
Bak vir so halfuur teen 180ºC.
Mmmm heerlike ligte middagete!






