

RINIE SE HERTZOGGIES
Deeg
500 g bruismeel
250g margarien
1 1/2 koppies suiker
1/2 teelepel sout
6 eiergele
Klits die eiergele saam met n eetlepel water
Sif die meel en sout en vryf die margarien goed in en meng die suiker in. Voeg die geklitste eiergele by en brei tot n stywe deeg rol dan uit en maak sirkels van +- 80 mm in deursnee. Plaas die sirkels in n gespuite pan en skep in elke holte n bietjie konfyt plaas dan n bietjie vulsel bo op die konfyt en bak vir 15 min in n voorverhitte oond op 180 grade C
VULSEL
6 eierwitte en ‘n knippie sout waarby 1 1/2 koppie suiker bietjies bietjies bygevoeg word terwyl dit geklits word tot dit droog is en roer dan 2 x koppies klapper met ‘n lepel in !!
BRON: Rinie Louw
FOTO: Gideon Louw






