



PETRE SE MALEISE (KABOBS) SKOTSE EIERS
(Tradisionele Kaaps-Maleise kabobs word met hardgekookte eiers gemaak. 8-10 kabobs)
6 snye witbrood in water geweek
1 kg gemaalde beesvleis
1 groot ui, baie fyn gekap
1 teelepel fyngedrukte knoffel
2 eiers, geklits
2 eetlepels botter
1/2 teelepel neutmuskaat
Sout en peper na smaak
8-10 hardgekookte eiers, afgedop
Kookolie vir braai
1 lourierblaar
Suurlemoen- en tamatiewiggies vir garnering
Druk water uit brood.
Plaas in mengbak en voeg res van bestanddele behalwe eiers en lourierblaar by. Meng goed.
Maak holte in die mengsel.
Sit n gloeiende houtkool in n metaalbakkie in die holte.
Bedek met n dik lap of kombers on die rook in te hou en die vleis n rooksmaak te gee.
Berook 40 minute.
Verwyder kool en bedek elke eier met maalvleis.
Verhit olie met lourierblaar in en braai kabobs aan alle kante tot goudbruin.
Bedruip kort-kort terwyl kabobs braai.
Garneer met suurlemoen- en tamatiewiggies en sit voor met blatjang …
Ingestuur deur Petre van Jaarsveld






