KOPERPENNIE WORTELSLAAI
1 kg geelwortels in ringe gesny
2 soetrissies ontpit en gechop
2 uie gechop
1 pakkie tamatiesop poeier
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml sonneblom olie
250 ml suiker
10 ml worcestersous
7 ml aangemaakte mostert
½ teelepel sout
¼ teelepel peper
Kook die wortel tor half gaar. Rangskik die wortels soetrissies em uie in lae. Meng die res van die Bestandele Verhit tot kook punt en kook 2 min. Giet die warm sous oor die wortel! Laat afkoel sit deksel op en laat staan in yskas 2 dae!!
( ek het my uie en soetrissies gebraai en toe soma die wortels in gemeng en die sous gemaak en alles gemeng en toe gebottel) reg vir die vakansie!!!!
Baie lekker!!!
FOTO: Benhet Nieuwenhuis
2de Foto: Rozetta Dalaen Muller
geskuif
Hou lekker lank as jy hulle bottel en in yskas hou!!