

GEBAKTE SJOKOLADE POEDING
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
125 ml witsuiker
22,5 ml kakao
125 ml melk
15 ml margarien, gesmelt
5 ml vanieljegeursel
15 ml gekapte rosyne opsioneel
125 ml bruinsuiker gemeng met
30 ml kakao
500 ml kookwater
Voorverhit oond tot 180ºC. Meng eerste 5 bestanddele goed.
Meng melk, margerien en geursel goed. Meng in die meelmengsel in.
Voeg rosyne by (opsioneel) en meng deur
Sket in n gesmeerde oondskottel
Gooi kakao en bruinsuikermengsel oor.
Giet kookwater oor en bak 30 tot 50 minute. Poeding vorm sy eie sous.
Ek gooi altyd so halwe koppie meer kookwater by anders is die sous te dik. Ek bak hom ook langer so 50 minute.
Geniet dit!!
Foto: Terolean Margurette Olivier
Resep geplaas deur Terolean Margurette Olivier
NOTE : Terolean Margurette Olivier – Ek voeg nie rosyne by nie dit maak hom suur. Ek het ‘n soet tand en maak slegs dit en souskluitjies in die winter.






