VERSUIKERDE VRUGTE VIR KERSKOEKE
Ek koop versuikerde vrugte gedroogde vrugte ens. In n lekker groot kastrol swaar bodem. Kook ek 4 koppies suiker. 4 koppies brandewyn en 4 koppies appelkoos konfyt smooth
Dan draai ek die hitte af en begin al die vrugte van die ligste kleur beweeg ek na die donkerder vrugte. Na elke 2 tot drie min terwyl dit prut skep ek dit in n tupper bak en so gaan ek tot al my vrugte gedoen is. . Die stroop wat dan oorbly in die pot koel dit bietjie af en gooi dit dan oor jou vrugre en stoor en sny op soos nodig. Myne is bietjie grootmaat omdat ek baie bak. Dit werk bietjIe duur uit as jy nou net een koek wil bak. .
FOTO EN RESEP: Cathy Coetzee