VERFRISSENDE OUTYDSE LEMONADE
Rasper eers die skil af van skoon suurlemoene, hou eenkant om te benut vir ander disse.
Hou ook die pitte om te gebruik in konfyt waar die vrugte nie baie pektien het nie.
Druk die sap uit suurlemoene, filtreer deur sif of kaasdoek om pulp uit te kry (afhangend van hoe ‘skoon’ jy dit soek).
Meet 1- 1.5 kg wit suiker af vir elke liter sap.
Proe of die mengsel vir jou soet/suur genoeg is.
Roer die sap en suiker tot al die suiker opgelos is.
Verhit NET TOT KOOKPUNT en skakel af.
Pasop dit kook baie vinnig oor.
Verpak in gesteriliseerde bottels en geniet dit wanner die kraaie buite gaap.
Dit is geneig om ‘klonterig’ (gloopy) te lyk in die bottel as dit ‘n ruk gestaan het – niks verkeerd nie – solank as jy nie laer as 1:1 suurlemoensap : suiker gaan nie, hou dit vir maande.
500 ml van hierdie konsentraat maak 2 liter Lemonade.
Resep en Foto geplaas deur Petro Borchard (Lid)
2de foto: Gideon Louw
Foto: Elna Erasmus
Ek het vandag weer Petro Borchard se Verfrissende Outydse lemonade gemaak. Verlede jaar het ek die suurlemoensap eers deur ‘n kaasdoek gegooi. Hierdie jaar het ek dit nie deur ‘n kaasdoek gegooi nie.











