TUNAROL MET CHAKALAKA EN MIELIES OF BOTTERSKORSIE
Gebruik enige vleis soos gevlokte hoender, bully beef, gebraaide gesnipperde spek, spinasie en fetakaas, enige oorskiet vleis, stukkies gekapte koue vleise soos polony en ham,
1 skilferkoersdeeg (puff pastry)
1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn of met bottersskorsies
1 koppie kaas gerasper
1 eetlepel mayonnaise
1 teelepel mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die deeg.
Rol dit op soos ‘n “jamroll” en seël die kante en onder mooi. Sit op ‘n bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die tunamengsel uitkook. Maak 3 kepe – vertikaal – bo-op rol
Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en sprinkel bietjie droë pietersielie bo-oor.
Bak in oond vir 45 min by 180ºC tot gaar en goudbruin.
Resep en foto: Esme Slabs