SPINASIE SPEK SAMPIOEN EN FETA QUICHE
Kors:-
100 g Koekmeel
100 g Botter
100 g Cheddarkaas (fyn gerasper)
1/2 Vars Tiemie (fyn gekap)
Vulsel:
500g Spinasie (gekerf en grof gekap)
Olie om spek en uie in te braai
250 g Spek
1 groot Ui
2 blare Knoffel Chives
300 g Sampioene
Grofgemaalde swartpeper en aromat
1 blok Feta gekrummel
Bolaag:
3 Eiers
100 ml Melk
1 blok Feta gekrummel
Bietjie rooipeper
Meng die meel, botter, tiemie en kaas met ‘n voedselverwerker totdat dit ‘n deeg vorm. Druk deeg in tertborde uit. Plaas in vrieskas vir 15min. Braai die spek, uie, sampioene en knoffel Chives in olie tot gaar.
Dompel spinasie vir n minuut in kokende water. Skep uit en druk water uit.
Meng goed met spekmengsel
Voeg peper en aromat by, asook 1 blok gekrummelde feta kaas.
Meng goed.
Skep mengsel eweredig in korse. Strooi gekrummelde feta kaas oor.
Klits eiers, melk, bietjie sout en grofgemaalde swartpeper saam .
Gooi oor die spinasie. Sprinkel n bietjie rooipeper oor, asook vars gekapte pietersielie. B
ak vir sowat 40 tot 45 min in oond by 180oC.
Resep geplaas deur Jeanette Van Rooyen-Strydom
Foto: Petré Van Jaarsveld en Bettie Venter
Ek het ook vandag diesouttert gemaak maar sommer ‘n baie grootte in ‘n 5 liter bak. Ek het ‘n 8 viennas en 10 snye ham by gesit en die resep 2 keer aangemaak, en ek het die deeg 3 keer aangemaak. Hierdie is ‘n heerlike deeg en ek is seker mens kan hom net so oprol in ‘n wors, en wielietjies sny en bak vir ‘n sout koekie dit is heerlik. Ek het ongeveer 35 blokkies gesny