



PETRE SE MAKLIKE GEBAKTE KAASKOEK
Foto en Resep: Petré Van Jaarsveld
Foto 1 – 4 bakkies maaskaas, foto 2 net 3 bakkies gebruik.
2de foto en verandering: Adri Redlinghys
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:-
1 pakkie Marie beskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
100 g botter/margarien, gesmelt
Maak Marie beskuitjies, suiker en kaneel fyn in voedselverwerker. Meng met gesmelte botter. Druk kors in 23 cm losboompan tot aan die helfte van die rand. Bak teen 180°C vir 10 minute in voorverhitte oond.
Vulsel:-
3 – 4 houers gladde maaskaas (hang af hoe groot jy die kaaskoek wil hê)
4 eiers
1 koppie strooisuiker
1 ½ teelepel vanilla geursel
Klop al die bestanddele tot glad en gooi in kors. Plaas pan op ‘n bakplaat om te keer dat botter uitkook en bak 1 uur in voorverhitte oond by 160°C.
Bolaag:-
2 koppies suurroom
200 ml strooisuiker
1 ½ teelepel vanilla geursel
Meng bestanddele saam tot glad. Verwyder pan uit oond en verhoog temperatuur tot 180°C. Skep bolaag versigtig oor koek en laat staan tot oond verlangde temperatuur bereik het. Plaas terug in oond en bak vir ‘n verdere 8 tot 10 minute. Die bolaag sal nog effens loperig wees. Laat afkoel en hou oornag in yskas.
Die aarbeie het ekself ingelê, my eie kop gevolg:
Heel ingelegde aarbeie
1 koppie suiker
1 koppie water
Los suiker op in water op lae hitte, kook dan vir 5 minute
Plaas heel aarbeie in n flessie.
Giet stroop oor aarbeie in flessie, sit flessie in ‘n pot, gooi water in die pot tot by die rand van die flessie.
Sit deksel van flessie liggies op en kook die water totdat die stroop in die flessie begin kook, haal uit en seël.
Verandering: Adri Redlinghys
Ek het gister Petrê se maklike gebakte kaaskoek wat op die groep is gemaak, ek het net die kors en vulsel gemaak en in stede van die suurroom bo-laag het ek ‘n gemengde bessie bo-laag gemaak.
Ek het so 2 koppies gevriesde gemengde bessies met 125 ml suiker en die gerasperde skil en sap van ‘n lekker groot suurlemoen gemeng. Het dit saam gekook vir so 10 minute en laat afkoel. Het toe ‘n teelepel gelatien met so 15 ml kookwater aangemaak en ingemeng. Bo-op afgekoelde kaaskoek gegooi en in die yskas gesit tot opdiening.
Dit was baie lekker! Ek sal beslis weer die kaaskoek maak.







geskuif