PETRE SE GROENVYE KONFYT
(Ek kook net 1kg op n slag)
Sny klein kruisies aan die onderkant van die vye, en plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir 24 uur.
Roer gereeld terwyl die vye daarin week.
Spoel die vye deeglik af.
Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
Plaas die vye een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die vye pap.
Kook die vye vir 10 minute.
STROOP
Weeg die vrugte en vir elke 1 kg vye gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is.
Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie.
Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 groterige stukke vars gemmer, 3 stukkies kaneelstokke en 8 heel naeltjies by die stroop en kook 10 minute lank.
Plaas die vye geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die vye deurskynend word. 2 tot 2 1/2 ure ..
Pak die vye in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik.
Maak ekstra stroop … Die vye suig redelik baie stroop op …
Wenk: Petré van Jaarsveld
Oorgeplaas na nuwe blog 06/01/20.