(Ek kook net 1 kg op n slag) Sny een groot maketaan in skywe van 5 cm en verwyder die groen skil en die binneste sagte gedeelte met die pitte. Prik dan die heel waatlemoenskywe met ’n vurk en sny dit daarna in stukke of gebruik n prikker.
Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir een dag. Roer gereeld terwyl die stukke daarin week. Spoel die stukke deeglik af. Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
Plaas die stukke een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook die stukke vir 10 minute.
STROOP
Weeg die vrugte en vir elke 1 kg waatlemoenstukke gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is. Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie. Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 stukke vars gemmer by die stroop en kook 10 minute lank. Plaas die waatlemoenstukke geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die stukke deurskynend word.
Pak die konfytstukke in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik. Afgesien van die vrugtekoeke waarin ek van dié lekkernye gebruik, is dit ook ongelooflik lekker as jy hulle in klapper rol en net so eet as ’n soetigheid……….
2de FOTO
Maketaankonfyt: Vir die klein blokkie konfyt … Gebruik die binneste gedeelte van die maketaan … Sny in klein blokkies … 3 kg blokkies, 2.5 kg suiker en 4 groterige stukke vars gemmer… Meng goed tot dit n dik stroop vorm … Kook op hoog tot die blokkies deurskynend en jellierig is. 3 tot 4 skeute suurlemoensap, kook nog 5 tot 10 minute… Om en by n uur tot 1 1/4 se kook … Bottel warm ..
BRON/FOTO: Petré Van Jaarsveld

Vandag het ek 2,680 kg waartlemoen se wit vleis verwerk en die resepte gebruik. Agter is die stukke en voor is die konfyt. Slegs 680 g gebruik vir die konfyt en die resep aangepas deut 1,5 liter water en 1 kg suiker te gebruik.
Ek het koeksoda gebruik in die plek van gebluste kalk dit werk net so goed
Foto: Meisie van der Colff









