

KOOLPASTEI
½ kool (fyn gesnipper)
1 blikkie heel kern mielies
1 pakkie gesnipperde spek (bacon)
1 groot ui (grof gekap)
¼ teelepel knoffel
Sout en peper na smaak
Sous:-
1 liter melk
3 opgehoopte eetlepels koekmeel
¼ teelepel mosterdpoeier
100 g botter/margarien
2 eiers geklits
Aromat na smaak
Bietjie fyn neut
Kook kool tot sag en dreineer. Soteer gekapte ui en spek tot uie deurskynend is. Laat afkoel
Sous:-
Klits meel en melk deeglik saam
Voeg botter/margarien by en verhit tot verdik
Voeg mosterdpoeier, bietjie fyn neut en aromat by
Roer goed deur, Laat effens afkoel, en roer geklitste eiers by
Voer bak uit met puff pastry of enige pasteideeg . Skep laag kool, laag spek, laag mielies.
Herhaal tot bak vol is
Skep witsous oor die vulsel, en lig vulsel met vurk, sodat die witsout tot op die bodem van die bak kan deurloop. Rasper kaas oor
Strooi gekapte pietersielie oor, asook ‘n bietjie rooipeper (soms gebruik ek wors wat in stukkies gesny is in die spek se plek) Bak by 180ºC vir 30 tot 45 minute, of tot gestol
Resep: Petré Van Jaarsveld
Foto: Petré Van Jaarsveld
Petré Van Jaarsveld se kommentaar
Ek het nie die keer die bak met deeg uitgevoer nie, en Kapok aartappels bo op geskep en kaas oor gerasper. Het ook Russians gebruik in die plek van bacon, en n pakkie sampioene bygevoeg.






