KERRIEVETKOEK OF DEEGKARMENAATJIES
Resep en foto: Alet Cruywagen
FOOD LOVERS RECIPES
Maalvleis:
500 g maalvleis
1 ui
2 teelepels kerriepoeier (pers pakkie)
2 eetlepels asyn
1 eetlepel Worcestersous
sout en peper na smaak
1 eetlepel bruinsuiker
Deeg:
500 g bruismeel
2 eetlepels kaas en “mushroom spice”
sout na smaak
Braai ui tot sag, voeg maalvleis by en braai tot vaal.
Voeg die kerrie, asyn, sout, peper en Worcestersous by.
Voeg ‘n ½ koppie water by en kook verder.
Voeg die sout, peper en suiker by en verdik met bietjie maizena as dit gaar is.
Meng die meel, kaasspice en sout. Voeg koue water en knie by tot stywe deeg.
Vat balletjies deeg en druk dit plat in jou handpalm tot dit soos ‘n plat koekie lyk.
Sit ‘n teelepel maalvleis in die middel van die deeg op jou hand en vou toe met die deeg tot dit ‘n balletjie vorm en bak dan in warm olie tot goudbruin.
Hoop ek het dit goed verduidelik. Vra maar as daar onduidelikheid is.








