JOEY SE SLAAISOUS VIR UIE
1/2 koppie asyn
3 eetlepels suiker
2 eiers goed geklits
1/4 koppie water
1/4 teelepel droë mosterd
Voeg alles bymekaar en klits goed. Laat goed deurkook terwyl aanhoudend geroer word. Voeg oor gekookte uie.
BRON: Joey
FOTO:Marietjie Nel








