JAPTRAP EXPAT DONKER SJOKOLADE FUDGE
Oreo fudge was divine… Maar toe raak oreos en witsjokolade skaars in Mwanza… Maaar donkersjokolade steek kop uit
tried and tested! DIVINE!
6 x 80g donkersjokolade slabs, smelt oor lae hitte saam met 1 blikkie kondensmelk.
Sodra gesmelt, sit hitte af en meng in 1 pakkie eat-some-mores in( het elke koekie individueel in 6 gesny)
Giet in glasbak en laat effe afkoel voor in yskas sit.
Jammer nie die beste foto nie-nie lank genoeg gehou vir mooi foto nie – gedink ons sal paar dae daaraan peusel maar dis ONMOONTLIK om net een op n keer te eet
Foto en eie resep: Carmari Fourie Strobos









done