
GEURIGE LEWER EN PAP
1 kg lewer, in blokkies gesny
3 eetlepels appelkoosjam
2 uie
2 tamaties
1 pakkie tamatiepasta
15 ml soyasous
10 ml braai speserye
10 ml Robertson Country knoffel en kruie
10 ml gekneusde knoffel
± 350 ml water
sout na smaak
Braai die knoffel, uie en tamaties.
Gooi knoffel by en braai.
Gooi dan al die res van die bestanddele by en roer deur.
Giet water oor tot dit redelik souserig is. So om en by 350 ml.
Gooi sout na smaak en sit op lae hitte en kook omtrent halfuur of tot baie van die sous afgekook het.
Solank daar nog sous vir die pap is.






