ELBIE SE KOLWYNTJIES MET GEKOOKTE VERSIERSEL
72 cupcakes
500 ml suiker
375 ml water
8 eiers geskei
170 ml kookolie
10 ml vanilla
850 ml koekmeel
40 ml bakpoeier
2.5 ml sout
Klits die suiker, water en eiergele baie goed tot lig en skuimerig.
Klits die Kookolie en vanilla by.
Meng die meel, bakpoeier en sout in.
Klits die eierwitte styf en vou in.
Skep in die kolwyntjiepapiertjies en bak 15 minute by 180ºC.
Laat heeltemal afkoel.
VERSIERSEL: Ek het die versiersel 3 x gemaak vir 72 koekies!
meng 250 ml melk
90 ml koekmeel
150 ml suiker tot baie glad.
Verhit tot dik en gaar terwyl jy die heeltyd roer.
Laat HEELTEMAL koud word.
Klop 250 g wit margarien tot baie lig.
Klop die afgekoelde melkmengsel bietjies gewys by.
Klits baie goed en versier die koekies
Resep en foto: Elbie van den Berg









geskuif