

BONTEBOKKE-SJOKOLADE FUDGEKOEKIES
GEPLAAS DEUR Inge Pieterse
Hi, die tannie het toe uitgevind wat die ‘bontebok-gereg’ is, dis eintlik sjokolade fudgekoekies wat hulle in pakkies gaan opmaak as ‘n geskenkie vir by die ontbyt. Dit staan in die volksmond bekend as ‘bontebokke’.
1 pakkie Maries, gebreek in stukkies
500 g versiersuiker
6 eetlepels kakao
2 eiers
250 g Holsum
Smelt Holsum, voeg eiers, versiersuiker, kakao en koekies by.
Meng alles goed saam.
Sit mengsel in ‘n plat bak en sit in yskas om koud te word.






