
SPONSKOEK MET WARM MELK
Foto: Sune Cunningham
FOOD LOVERS RECIPES
3 eiers
250 ml suiker (1 koppie)
500 ml meelblom (2 koppies)
15 ml bakpoeier (3 teelepels)
2 ml sout
250 ml melk (1 koppie)
25 ml margarien (± 2 eetlepels)
5 ml vanielje geursel (1 teelepel)
Klits eiers en suiker baie goed.
Sif droë bestanddele saam.
Kook melk en margarien saam.
Voeg droë bestanddele by eiermengsel.
Meng goed.
Roer meelmengsel en geursel by.
Bak in twee panne vir 20 – 25 min by 180°C.
Baie lekker met klapper versiersel.






