
MEKSIKAANSE LAMSVLEIS
IN JOU ELKTRIESE BRAAIPAN OF OP DIE STOOF IN ‘N PAN MET ‘N DEKSEL
1 kg lamtjops
1 blik (410 g) tamatiepuree
50 ml gekapte uie
37.5 ml worcestersous
5 ml rissiepeper
2.5 ml gemaalde naeltjies
12,5 ml meelblom
1 beefaftrekselblokkie aangemaak met 100ml warm water
50 ml asyn
5 ml sout
5 ml paprika
2.5 ml knoffelsout
2 ml kaneel
2 ml rooi peper
Plaas ‘n bietjie olie in die braaipan/pan op hoë hitte. Wanneer rook uittrek, braai die vleis goed bruin.
Verminder die hitte graad na “prut”. Meng al die ander bestanddele saam en giet oor die vleis.
Meng goed. Plaas deksel op met die luggat toe en laat liggies prut tot gaar (1 uur 30 min).
As vloeistof te gou wegkook, voeg ‘n bietjie meer aftreksel by.
Dien op saam met rys en Franse slaai.






