HANNELIE SE MAALVLEIS EN HASH BROWN GEREG
Iets wat my hele gesin baie van hou- Braai maalvleis in bietjie olie. Geur lekker met knoffel, oregano regtig enigiets wat geur gee. Dit kan ook souserig wees indien jy verkies. Nou hier in NZ kry mens hash browns. Kan ook sonder dit maak. Spuit ‘n oondbak, pak hash browns op bodem (of skep maalvleis in bak as jy nie hashies gebruik nie). Skep maalvleis bo-oor en strooi lekker met cheddar kaas. Skep 2 blikkies spaghetti in tamatiesous bo op en sprei egalig. Bedek weer met kaas. Bak in oond 180°C vir halfuur. Kyk hierdie lot eet hulle knuppeldik! Bedien gerus saam met slaai. smile emoticon
Resep van Hannelie Jordaan








