FETA KAAS GEVULDE FILLET
1.5 kg fillet
Tabasco sous
vars fyngekapte pietersielie en basielkruid
Feta kaas, gekrummel
gemaalde sout en swartpeper
marinade van keuse
Maak insnyding aan die kant van die fillet.
Smeer Tabasco sous in die binnekant in.
Strooi sout en swartpeper binne.
Skep die vars kruie in.
Vul met Feta kaas.
Draai toe met tou.
Marineer vir 1 uur in yskas.
Braai in warm pan al al die kante om die vleis te seël.
Bak verder in die oond teen 180°C tot medium rare.
Laat rus die vleis vir 15 min voordat dit in skywe gesny en bedien word.
Resep en foto: Cecil Dunhin











geskuif