BLOMKOOL BASIS PIZZA
BESTANDELE/METODE
Sny blomkool op en sit in voedselverwerker om fyn te maak. Ek het myne in ons versapper gegooi en die sap wat uitgekom het gedrink – heerlik. Toe was die res van die blomkool fyn. Ek het dit in ‘n bak in die mikrogolf vir 4min op hoog gaar gemaak. Daarna het ek dit op gaasdoek uitgeskep en al die water uitgedruk. Ek kon nie glo daar kom toe seker nog so beker vol uit! Plaas die uitgedrukte blomkool weer in die bak. Ek het so halwe koppie elk van parmesaan en Mozzarella kaas gerasper en by die blomkool gevoeg. Nadat ek een eier, sout en peper, Italiaanse gemengde speserye en so bietjie Cajun speserye bygevoeg het, het ek alles goed deurgemeng. Die basis “deeg” op ‘n bakpan uitgedruk en in ronde basis gevorm. Ek het die basis in ‘n verhitte oond vir so 15min teen 230 gebak.
Terwyl dit gaar geword het, het ek Turkey Spek gaargemaak. Daarna het ek in die pan ook ‘n portabella mushroom in so 5mm skuiwe gesny asook opgesnyde cherrie tamaties (al wat tuis was) gaargemaak. Nadat die basis klaar was het ek die opgesnyde spek, mushroom en tamatie stukke daarop gepak en gerasperde Cheddar en Mozzarellakaas bo-oor gestrooi. Nog so bietjie sout en peper bo-oor gestrooi. Toe het ek dit vir so paar minute onder die oond se grill gesit om die kaas te laat smelt. My vrou sê dit was baie lekker en baie vullend. Sy kon net die helfte eet. Ek het net gekyk hoe sy dit geniet het.
BRON/FOTO: Ferdinand Boll









