VLAKVARK BOUDJIE
1 vlakvarkboudjie
12.5 ml knoffel-en-kruie-geurmiddel
5 ml fyn naeltjies
2 ml groente-aftrekselpoeier
2 ml gegeurde seesout
5 ml fyn gemmer
swartpeper
2 pakkies (250 g elk) streepspek
Meng al die smaakmiddels. Rol spekrepies in geurmiddels laat le bo oor boudjie.
MARINADE
200 ml appelsap
Nartjieskil
100 ml Coke
marmelade
Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas.
Draai gereeld om.
Druk nou eers die stukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud.
Plaas boud en appelsap in ‘n swaarboomkastrol en voeg Coke by.
Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160ºC tot sag en gaar, afhangende van die grootte van die boud. Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin. Smeer marmelade oor en sit terug in oond sonder die deksel. Verhoog die temperatuur tot 200ºC en bak die laaste 20 – 30 minute sonder deksel om die boud mooi te verbruin.
Bron: Elda Lombard