ELSABE SE WORTELKOEK
1 teelepel koeksoda
2 koppies koekmeel
2 koppies suiker
1 teelepel sout
1 teelepel gemende speserye vir koeke
1 teelepel bakpoeier
4 eiers
1 koppie olie
3 koppies gerasperde wortels
Klits olie, eiers, suiker goed, sif droë bestanddele saam.
Klits by eiermengsel in – gooi in ring pan bak 160°C vir 55 min.
Versiering:
1 bakkie roomkaas
1 teelepel vanilla
1 koppie versiersuiker
¼ koppie botter
¼ koppie melk
skil van suurlemoen
Klits botter en versiersuiker. Voeg dan kaas, vanilla en melk by. Klits goed en versier. Strooi neute oor.
Foto en resep: Elsabe Britz Vander Watt








