CRUNCHIE HONEYCOMB
Die honeycomb in Crunchie word eintlik “sponge candy” genoem.
Dit is belangrik dat julle ‘n candy thermometer hiervoor moet gebruik want dit moet baie presies wees of jou honeycomb kan bitter proe.
Stap een: meng ¼ teelepel gelatine met 1 eetlepel kou water. Laat dit staan vir vyf minute.
Stap twee: gooi 3 koppies suiker, 1 kop corn syrup, en 1koppie water in jou pot, en begin kook op hoe hitte in ‘n vyf liter pot. Kook tot 310 grade Fahrenheit.
Stap drie: Haal van die stoof aaf, maar moenie jou stoof af skakel nie. Laat staan vir 5 minute sonder om aan dit te meng.
Stap vier: Gooi die gelatine in en meng baie goed tot dit deur gemeng is, dan gooi 2 Eetlepels gesifte Koeksoda by en meng deeglik, terwyl jy dit meng plaas terug op jou stoof vir presies 30 sekondes terwyl jy roer. Verwyder van die stoof en gooi dadelik in ‘n 9 inch springform pan. Moet it nie plat druk, of probeer mooi maak nie. Sit dit een kant sodat dit kan set. Dit vat omtrent drie ure om heeltemal afte koel. Die blog se dit moet oornag gelos word, maar myne was reg in drie ure.
Ek het net ‘n stukkie af gebreek om te sien hoe dit lyk, maar ek verstaan dit sal met ‘n mes gesny / gesaag moet word, dank an jy dit in sjokolode doop, en voila crunchie sjokolade.
Ingestuur en foto deur Tracy Minny








