CHRISTELLE SE LEKKER PANHOENDER
1 hoender in porsies gesny
Sout en peper na smaak
1 klein uitjie fyn gekap
4-5 heel naeltjies
1 knoffelhuisie
1 lourierblaar
suurlemoensap
1 hoender blokkie opgelos in koppie water
1 eetlepel botter
Sit die uitjie, naeltjies, lourierblaar en die hoender in ‘n pot waarin al die porsies plat kan le. Geur met sout en peper en ‘n goeie druk suurlemoensap. Los ‘n hoenderblokkie op in ongeveer ‘n koppie water en voeg by. Kook op ‘n medium hitte vir ongeveer 30. Haal die deksel af en laat die aftreksel redelik wegkook. Voeg ongeveer 1 eetlepel botter by en braai die hoender porsies stadig in die vetjie. Draai gereeld om. Sodra die hoender begin verbruin, voeg jy bietjie water by, sit die deksel op en laat dit verder potbraai. Hou so aan tot die hoender heel gaar en lekker bruin is. Skep uit, hou warm en maak ‘n lekker sousie met die panvette.
Resep geplaas en foto: Christelle Mitchell Van Emmerik
BRON: Kook en geniet








