ANITA SE ROTIS
3 koppie koekmeel
1 koppie warm water
2 teelepel olie
sout
3 eetlepels botter teen kamer temperatuur
Gebruik jou water so warm as wat jy kan. Moet asb nie brand nie.
Sif koekmeel en sout saam.
Gooi botter en olie by, meng.
Gooi halfte warm water by.
Begin knie.
Gooi res van water geleidelik by.
Knie vir 10 min.
Deeg moet nie sticky wees nie. As dit is, strooi meel by en knie weer.
Deel deeg in 8 of 9 balletjies.
Verhit jou pan, of braaipan na medium temperatuur.
Strooi meel op blad en rol een balletjie uit in ‘n ronde sirkel vorm.
Sit in jou pan en hou jou hitte op medium.
As dit mooi gebak is vat jou kwassie en smeer ‘n kwart teelepel botter oor.
Draai om en bak aan die anderkant, smeer weer botter oor.
As jou roti lig in die pan, druk dit saggies terug met jou kwassie.
Wanneer gaar, sit in ‘n bord en bedek met papierhanddoek.
Bedien warm.
Jy kan dit in die mikrogolf warm maak as jy dit later gaan gebruik.
Herhaal tot al die balletjies gaar is.
Foto en resep: Anita Kleynhans
Done