
WAT IS ‘N 2 TAND LAM
Johan Coetzee:
Hy is nie meer lam nie, maar ook nog nie skaap nie, jou beste vleis.
Louwrens Human
Dit is die ouderdom van die skaap. ‘n 2 Tand is net groter as n lam, dis nog ‘n jong skaap.
Stefaans Blaauw:
Dis n lam wat al tande gewissel het, dan noem ons hom ‘n skaap. ‘n 4 Tand is vir my die beste skaapvleis wat jy kan eet.
Koos van der Merwe:
Kan ek bietjie help. ‘n Twee tand is jou AB graad. Dit kon gister nog ‘n lam gewees het as 1 tand, maar nou is dit half lam en half skaap. As jy ‘n 4 tand soek, moet jy jou slaghuis vra vir B graad. B graad het jou lekkerste smaak, maar is taaier as A of AB, die beste vleis om te eet en die goedkoopste, behalwe C graad wat ‘n ou skaap is. AB is bietjie taaier as A graad, maar ‘n baie beter smaak. A graad is ook die duurste en sagste.
Stefaans Blaauw:
‘n 2 Tand, is ‘n lam wat net begin tande wissel het en dit word gradeer as ‘n AB, met groen ink, daar is GEEN VERSKIL tussen ‘n lam se smaak, en ‘n 2 tand AB Graad nie. Die ouderdom verskil is 14 dae tot 21 dae, van A graad na AB 2 Tand.
Willie Kruger:
Lammers wissel tande op 14 maande, dan is hulle tweetand of AB graad. Ek slag vir myself ook eerder ‘n AB omdat die tjops darem groter is en daar is tog beter smaak as lam wat gewoonlik op 6 tot 8 maande bemark word. Ek laat hang 2 tand skape gewoonlik 5 dae in die koelkamer om ryp te word, teenoor 3 dae vir lammers om die vleis net so sag soos lam te kry.






