TUISGEMAAKTE JELLY BABIES
Halwe koppie yskoue water.
Voeg kwart koppie golden stroop by en meng goed.
Gooi mengsel in ‘n pan.
Gooi 2 sakkies gelatien by en een pakkie jelliepoeier (Enige kleur – hang AF watter kleur jou jellie babies moet wees).
Roer tot gelatien en jellie opgelos is, dit vat ‘n paar minute om te meng. (vat jou tyd en maak seker dis goed gemeng anders is daar baie skuim)
Kook dan die mengsel op meduim hitte tot die mengsel deurskynend is – so 5 tot 10 min.
Roer gereeld anders brand dit. Gooi dit in enige vormpies en los dit so 5 ure om te STOL.
Silicone is beter want dit kan buig om dit uit te haal as dit gestol is.
As jy nie genoeg vormpiers het nie gooi dit in ‘n beker en laat dit STOL.
Jy kan dit dan weer later in die pot sit en dit weer smelt – lae hitte- en dit dan in die vormpies gooi
RESEP EN FOTO: Zelda Snyman de Villiers
Elizabeth Haupt
Ek het vir my seun vandag hierdie jellie lekkers gemaak. Resep op blok gekry – tuisgemaakte jelly babies. Resep presies so gevolg, maar net appel jelly gebruik en in strooisuiker gedoop.










geskuif