TANNIE MARIA SE BAZAAR FUDGE
BESTANDELE
8 koppies Suiker
1 Blikkie kondensmelk
250 gram botter
2 koppies vars melk
1 eetlepel gouestroop
¼ teelepel kremetart
1 eetlepel asyn
METODE
Gooi al die bestandele (behalwe die asyn) in ‘n groot kastrol.
Meng baie goed en roer aanhoudend tot mengsel begin kook.
Wanneer balletjies vorm in koue water en mengsel begin verkleur
Haal van stoof af.
Eerder bietjie langer kook as te kort.
Metode: Klits tot dik en aan kante begin vassit. Voor te dik klits
Een eetlepel asyn by. Gooi in PanneMerwe fudge pan. Druk snyer
(met spray-n-cook gespuit) in fudge na dit effe afgekoel het.
Haal snyer versigtig uit voor heeltemal afgekoel is. Dit maak 40 blokkies (5cm x 5 cm) fudge van ‘n redelike dikte.
Variasies:
*ipv wit suiker gebruik 4 koppies wit en 4 koppies bruinsuiker.
*vervang een koppie suiker met ¾ koppie grondboontjiebotter.
BRON: Tannie Maria
FOTO: Beska Uitenweerde








