Pizza met Guacamole
BESTANDELE VIR BASIS
750ml koekmeel (ek gebruik sasko)
1 pakkie kits gis
2 tbs kook olie
1 tsp sout
1 tbs suiker
250ml warm water, uit jou kraan uit.
Toppings van jou keuse
Myne was kaas cherry tamaties en ham.
Meng meel, gis, suiker, sout, olie met die water in n meng bak. Rol die deeg uit en druk dit in n oondbak uit( ek sprei bak met spray and cook) sit gladwrap op en los op n warm plek vir 1 uur.
Dan bak ek die deeg teen 200•c vir 10 min. Sit dan die toppings op, en bak teen 240•c vir nog 10 min. Jy kan alles opsit van die begin af en teen 200•c bak vir 20 na 25 min, maar ek verkies dit anders.
Serve with guacamole ( avocado with lemon juice, salt & pepper.
Foto en resep: Hugo Taljaard








