
PANNEKOEK-CANNELLONI
Jy benodig (vir die vulsel)
1 kg maalvleis
1 rooiui, gekap
1 rooi, groen en geelsoetrissie, in repe gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie tamatiepasta
sout en peper na smaak
ongeveer 6 pannekoeke
Braai die uie in ’n bietjie olie, voeg dan die maalvleis by en braai dit verder totdat die vleiskorrels bruin en gaar is.
Soos ’n bolognaise-sousie. Voeg nou die res van die bestanddele (behalwe die pannekoeke!) by en laat dit prut totdat alles deurwarm is en die geure lekker gemeng het.
Hou die vleismengsel eenkant warm.
WITSOUS
100 g botter
100 ml meel
1 ℓ melk
’n paar knippies sout
Smelt die botter en voeg ’n paar skeppies meel by. Roer dit goed en voeg dan ’n halwe koppie melk by. Roer weer goed om te keer dat klonte vorm.
Hou so aan totdat al die meel en melk opgebruik is en die sous verdik het.
Sprinkel ’n bietjie sout oor en roer dit goed deur.
Skep nou lepels vol van die maalvleismengsel in ’n pannekoek en rol dit op. Plaas die pannekoek dwars in ’n oondvaste bak en hou aan pannekoeke vul en inpak totdat die bak vol is.
Resep geplaas deur Jannie Duvenage






