


ONTBEENDE VARKNEK
1 Ontbeende varknek
Braai 1 gekapte ui
3 fyngemaakte knoffel huisies
1 gerasperde wortel
1 gerasperde groen appel
7.5 ml droë roosmaryn
7.5 ml italiaanse gedroogte kruie
7.5 ml fyn koljander in bietjie olie tot effens bruin.
Skep in oondpan
Gooi 375 ml liquifruit Cranberry cooler en ‘n halwe blokkie hoenderaftreksel by uie mengsel
Stel oond op 200 ºC
Geur varknek met sout en peper en braai alkante bruin in bietjie olie
Plaas in oondpan gooi bietjie water in pot om pansappe los te maak en gooi ook in oondpan
Sit deksel op en bak tot mooi bruin en sag
Vul pansap aan met bietjie water as nodig
As sous te dun is kook bietjie weg op stoof tot regte dikte
Laat staan nek vir 20 min sny en geniet
Bron: Tim & Elsie Slabbert






