NATHAN SE REPELSTEELTJIES
250 g sterk belee chedderkaas fyn gerasper hou in yskas.
koue appelkooskonfyt – hou ook in yskas.
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
250 g gerasperde botter
Sif droë bestanddele saam. Voeg gerasperde botter by meng tot growwe broodkrummels, voeg gerasperde kaas by meng tot deeg gebind is. Maak deeg goed toe, en sit in die yskas vir 20 min.
Rol balletjies in die hand, druk liggies met palm, pak in gesmeerde pan.
Gebruik agter kant van ‘n houtlepel om gaatjie in middel te maak, skep koue konfyt in elke gaatjie.
Bak by 180 ºC vir 10 tot 15 min.
Resep en foto: Emma Beetge
2de foto: Jacobie Douglas










Jacobie Douglas
Lepelsteeltjies, volgens die blog se resep, het net bietjie rooipeper bygesit! Heerlik!