NAGEMAAKTE ROOM
1 koppie volroommelk
15 ml maizena
knippie sout
50 ml botter
15 ml strooisuiker
2 ml vanilla
Plaas al die melk behalwe 30 ml melk in ‘n swaarboom pot en bring tot kookpunt.
Meng die maizena en sout goed met die 30 ml melk en voeg by die kokende melk.
Kook 3 minute, roer, laat afkoel.
Klits botter, suiker en vanilla tot room.
Haal velletjie van die koue melkmengsel af en voeg ‘n teelepel op ‘n keer van die bottermengsel by.
Klits goed totdat alles ingeklits is en die mengsel soos geklopte room is. Maak 750 ml.
Foto: Elba Groenewald
Elba se nota: myne is net 500 ml maar baie lekker.








