MAIZENAPAP
30 ml maizena (mielieblom)
30 ml koue melk
Sout
250 ml warm melk
Bring die 250 ml melk tot kookpunt. Meng maizina, sout en koue melk saam. Voeg by die warm melk, roer aanhoudend tot die pap ‘n deurskynende kleur het (omtrent 10 minute). Bedien met suiker of kaneelsuiker na smaak. Hierdie resep is genoeg vir 1 persoon, afhangende van die porsiegrootte.
Bron: Dalene Brits








