HOENDER EN SPINASIE PASTA
Kook genoeg paste vir 2 mense soos per aanwysings op die verpakking.
Ek het glutenvrye pasta gebruik.
4 Ontbeende Hoenderborsies lekker fyn gesny in blokkies
1 pk sampioene opgesny
1 bossie Chives OF 1 groot ui fyn gekerf
ongeveer 6-8 spinasie blare fyn gekerf
1 klein worteltjie gerasper
3 toontjies vars knoffel fyn gesny
200ml vrugte jogurt ( perske of mango)
1pk Royco cheese & mushroom Sauce
Lemon & black pepper seasoning (Ina Paarman) sommer lekker baie
Walker Bay Chicken Spice sommer ‘n lekker paar draaie uit die meultjie
1 wieletjie feta kaas in baie klein blokkies gesny.
Sout na smaak
Braai die “chives”/uie en knoffel in bietjie olyf olie, sit die hoenderstukkies by en braai vir ‘n rukkie. Voeg die wortel, sampioene en spinasie by en braai verder tot die spiasnie net verlep het.
Maak die pakkie sous aan met 250ml kookwater en gooi oor die hoendermengsel. Sit die deksel op.
Draai hitte bietjie af en kook tot die hoender sag is. Gooi die speserye by . Roer goed deur en voeg die jogurt en feta kaas by. Laat net deurkook, proe vir sout en voeg by indien nodig. Gooi die gaar pasta by en roer deur. Moenie weer kook nie.
Verwarm in die mikrogolf net voor opdiening.
Indien verkies bedien met kaassous en nog ekstra kaas.
Resep en foto Rina Kleinhans
One thought on “HOENDER EN SPINASIE PASTA”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.










Hierdie een was verbasend lekker, die pakkie sous en jogurt maak dit regtig besonders, en die swart peper gee hom so effe van ‘n byt… geniet as julle probeer