HEERLIKE PASTA SLAAI
Ek maak dit met watter pasta ook al in my kas is.
Kom al jare via my suster Phyllis Snyman Olivier deur ons familie weet glad nie wie die outeur is nie.
1 x pak klein skulpies gekook en afgespoel, wanneer koud voeg die volgende by:
½ koppie fyngesnyde uie
1 koppie ontpulpte tamatie
½ koppie greenpepper
baie knoffel
dit allles baie fyn gesny
Voeg by Fondor of aromat (baie), swartpeper en meng 2 suikerlepels suiker met half koppie asyn en driekwart koppie olie. Meng alles saam en voeg by baie pietersielie fyn gekap Meng goed en maak toe en sit in yskas. Slaai is lekkerder as jy dit lank voor die tyd maak
BRON/FOTO: Susan Snyman La Grange








