HEERLIKE KOFFIE IDEES
Rassie Erasmus:
Het iemand ‘n anders as die normale metode om lekker kits koffie te maak met die standaard bestandele: water / koffie / suiker / melk, asseblief?
Tracey-Lee Van Der Bank:
As jy dalk vanilla essence het kan jy ‘n klein bietjie in gooi. Dit laat goedkoop koffie soos duur goed proe.
Adam Cloete:
Ja Rassie Erasmus, ‘n knertsie whiskey kan die wêreldse verskil doen.
Mickayla Swart:
Maak koffie gewoonweg, skud of klits net die melk so bietjie en top op met ‘n sprinkel Kakao. Die koffie proe ook lekkerder as jy eers bietjie warm melk by die koffie en suike ingooi en dan die water.
Marié Venter:
Warm melk en vanilla. Smelt marshmallow in di koffie.
Anton Fourie:
Sit ‘n cinnamon stick in. Dit maak hom ook baie lekker.
Anika Armoed Kunzmann:
Klop jou melk tot skuim:)… en as die vliegtuig al verby gekom het… dose met ‘n titseltjie whisky;-)…hehehe.
Lu Badenhorst:
Ek gooi ook eers my melk en dan kookwater by.
En moenie jou ketel self laat afsit nie. Koffie moet met water wat net begin kook het, gemaak word.
Susan Sussiena Wagenaar:
Mitchell ekke maak koffie so – dit bietjie aan die duurkant ma vir my proe dit soos wimpy se koffie: 1 teelepel gewone Ricoffy, ½ teelepel Nescafy Classic met volroommelk by, soms meng ek ‘n klein bietjie longlife melk (volroom) saam met 2% laevet by, voeg bruinsuiker by na smaak! Mitchell my swaer like altyd my koffie.
Estelle Krüger Van Pletzen:
Ek maak my koffie net so. Halwe koppie koue water, ½ koppie melk (2% Spar longlife), 2 teelepels koffie, ½ teelepel suiker, moet nie roer nie mikrogolf vir 2 ½ minute en dan roer. Dit is heerlik!
Mickayla Swart:
Heerlike yskoffie met ‘n twist:
Ongelukkig het ek nie ‘n foto nie.
2 opgehoopte teelepels kits koffie
50 ml kookwater
250 ml vanilla roomys
100 ml melk
50 ml styfgeklopte versoete room
2 ml sjokolade sprinkels
1 blokkie pepermint crisp sjokolade, fyngerasper
1 dubbelblaar takkie vars mint
Maak koffie aan met die kookwater, sit die roomys en melk in ‘n melkskommel menger of gebruik ‘n hand klitser en klits tot amper romerig. Gooi gelyktydig die aangemaakte koffie en roomys in ‘n roomys glas. Dit moet nie regtig meng nie (ek vra gewoonlik iemand om die glas vir my te draai dan maak dit so spiraalvorm in die glas). Druk dan met ‘n versierbuis die styfgeklopte room in ‘n mooi stervorm op die roomys/koffie mengsel in die glas, versier met die sjokolade sprinkels en pepermint crisp sjokolade. Garneer met mintblaar. Heerlik en anders.
Susan Snyman La Grange:
Ons maak dit so:
(en almal dink dis heeerlik)
2 teelepels Nescafe Espresso poeier
2 teelepels koffie verromer (it’s not inside it’s on top)
suiker na smaak
Meng goed met kookwater – dit is ryk en lekker!
Nella Rossouw:
In plaas van melk.. gooi ROOM IN… ENJOY!
Annamari De Lange:
Gooi eerste die melk (koue / warm) in, roer die kits koffie sukkel soms om op te los, probeer dat meer as 60% opgelos is. Gooi kook water (amper kook water nie) by.
Susan Sussiena Wagenaar:
Mitchell my koffie is “pik lekke”soos my Sussie altyd sê.
Ernestine Frick:
Maak derde beker melk kokend warm in mikrogolf, klits hoogvol teelepel koffie (Nescafe Gold of enige ander) in, voeg kookwater by en dan suiker!
Elize Van Zyl:
By Checkers verkoop hulle ‘n elektriese skuim masjientjie wat jou melk verhit en dik skuim maak. Dis die lekkerste koffie ooit. Maak net koffie met bietjie kookwater aan en gooi dan die melk met sy skuim by, jy sal dit nooit weer anders drink nie. Heerlik!
Sheila Marsburg Troskie:
Gooi Ideal melk by – dit is heerlk!. Of roer jou koffie met ‘n paar druppels melk tot dit amper wit is, gooi dan water en nog melk by, dan is dit so romerig!
Sheila Marsburg Troskie:
Probeer koffiehuis nie korrels.
Louise Groenewald:
Goeie koffie, coconut melk en vanilla essence.
Wendy Pieterse:
Suiker en melk vervang met kondensmelk.
Lynette Delport:
Mikrogolf koffie is al wat ons maak: gooi 1 teelepel koffiepoeier in beker, ½ kraan water en ½ melk en maak dan warm in mikrogolf (so 1:30 per koppie). Kyk maar aan die begin, want dit kook soms maklik oor. Gooi suiker na die tyd in indien verkies. Volroom melk is lekkerder.
Maria Giannopoulos:
Maak jou koffie soos gewoonweg, maar moenie jou melk ingooi nie, Vat dan ‘n klein puritybottel gooi jou melk en een teelepel suiker in, maak toe, skud tot ‘n lekker skuim en gooi oor jou koffie. Let wel jou suiker kan jy soos jy wil saam met jou koffie ingooi, die bietjie ekstra saam met die melk maak die koffie heerlik!
Madeleine Vermeulen:
Gooi Clover vanilla melk in… heerlik.
Charlene Viljoen:
Stem saam met Elize Van Zyl. My Milk Throther is die mees hardwerkende toestel, naas my ketel. Ek het al ‘n hele paar as geskenke ook gegee.
Lorraine Knight:
Gooi eers melk dan water of maak halwe koppie melk warm en res water.
Kiti De Jager:
Begin deur die beste poeier te koop wat jy kan bekostig. Koffie is soos matrasse, hoe duurder, hoe beter die kwaliteit. Niks wat jy doen, gaan Blend 43 soos Moccona laat proe nie.
Nicolize Valsangiacomo:
Ordentlike sterk koffie, KOOKwater en VARS room. En miskien so kwart teelepel versoeter. Beste koffie ooit!
Anna Nel Durand:
Mens gooi eers melk in koppie as jy tee maak.
Vincent Hanekamp:
Okay ek dink die is die beste manier vir ‘n lekkerste koffie ooit.
Groot bekker want jy gaan somma twee koppies wil drink. Hehe.
2 teelepels koffie
2 teelepels hot chocolate
2 teelepels Ellis Brown poeier melk,
so bietjie koue melk net om ‘n tiepe “paste” te maak
Maak n koppie melk warm in mikrogolf en roer dan die warm melk in saam met die “paste”. Voeg dan een minder suiker in as wat jy gewoonlik drink. Sit terug en geniet.
Francois Joubert:
Railway koffie:
Maak dit normaal aan met koffie en gekookte water, maar gebruik ‘n eetlepel vol kondensmelk in stede van melk en suiker. Kan meer kondensmelk byvoeg na gelang van smaak. Hemels!!!!!
Alta Vermooten:
Ek hou van Frisco – 2 teelepels koffie in jou beker, bruinsuiker na smaak, warm melk (derde van die koppie), roer goed, dan kookwater!
Jeannette Havenga:
Ohhh, die Italiaanse manier smaak heerlik. Maak baie sterk koffie (espresso) en gooi daarvan oor ‘n bakkie roomys. HEEEEERLIK!
Hettie Spaumer Struwig:
Meng goed saam:
750 g Ricoffie
750g Frisco
1 klein bottel Nescafe
Danielle Voges:
Laat ek vir my koffie gaan maak. Julle het my nou sô lus vir ‘n koppie boere troos!