

BROODSKAARSTE “BROODJIE”
Probeer hierdie gerus. Het dit in tydskrif jare terug gekry.
140 g/250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
100 ml melk of water
30 ml botter, margarien of olie
1 eier
Sif droë bestanddele saam. Klits die melk of water en eier saam. Voeg dit by die meelmengsel en meng dit tot ‘n slapperige deeg. Verhit die botter oor matige hitte in ‘n middelslag kastrol of pan met ‘n dikboom en ‘n deksel. Skep die deeg daarin, sit die deksel op en bak vir 4 min. aan elke kant. Dien warm op. Dit smaak lekker met konfyt of kaas.
2 – 3 porsies
Resep geplaas deur Joan van den Berg
Foto: Adam Cloete






