
BRANDEWYNPRUIME
Weeg die pruime af en gebruik vir elke 500 g pruime 250 g melassesuiker en 1 stokkie kaneel.
Dompel die pruime vir 3-4 min in kookwater, dreineer en trek die skille af.
Plaas die pruime en suiker in lae in ‘n fles en voeg die kaneel by
Vul die fles met brandewyn
Verseel die fles en laat die pruime minstens ‘n maand lank op ‘n koel, donker plek masereer voor gebruik.






