BOTTERSKORSIE SOP
4 x botterskorsies gesny in blokkies
2 x medium grootte uie gesny
2 x teelepels knoffel
1 1/2 teelepels fyn chillies
Olyf olie
1 liter hoender aftreksel
1 x blikkie klapper melk
1. Sit jou botterskorsie, uie, knoffel en chillies in n oondpan en maak nat met olyf olie. Bak vir 30-45 min
2. Waneer botterskorsie gaar is sit in voedsel verwerker of gebruik hand masher. En mash.
3. Gooi in n pot op lae hitte op die stoof, voeg hoender aftreksel en klapper melk by. Laat prut vir ten minste 15-20 min.
4. Bedien met croutons of lekker vars gebakte brood.
Resep en foto: Lizellé Coetzee








