VINNIGE KARRINGMELK BESKUIT
Hierdie is genoeg deeg vir 2 panne van elk 370 x 270 x 60 mm – binne mate.
Ek sny met ‘n elektriese mes wanneer heeltemal afgekoel, dit maak minder krummels as om met broodmes te sny.
10 koppies koekmeel – kan 2 van hulle vervang met 1 nutty wheat en 1 all bran flakes
½ koppie sonneblom sade – kan weggelaat word indien verkies*
4 koppies karringmelk – ek gebruik 3 koppies melk en 1 koppie witasyn
5 ml sout
8 teelepels bakpoeier
2 koppiies suiker
5 eiers
500 g margarien – ek gebruik stork for baking OF botterVoorverhit oond tot 180 ºC.
Sif koekmeel en bakpoeier saam.
Voeg res van droë bestanddele by en meng goed.
Smelt margarien/botter in mikro.
Voeg margarien, eiers en karringmelk by droë bestandele en meng goed.
Sit deeg in gesmeerde panne en bak vir ‘n uur.
Laat afkoel en sny in vingers.
Droog oornag uit by ongeveer 60 ºC.
Resep en foto: Elsabie Templeton
*variasies – ek gebruik partykeer muesli (Crunch Nutzy van Bokomo se Nature’s Source is ‘n baie lekker muesli vir eet en gebak) OF All Bran Flakes OF Nutty Wheat and Digestive Bran gemeng OF sit choc chips in, jy kan werklik enigiets bysit. Vir die beskuit op die foto gister het ek ‘n 500 g pakkie 4 Seeds van Dischem bygegooi en dis heerlik bros en kan net so of met koffie geniet word









Geskuif.