TUNA EN RYS GEBAK
Ek het bietjie oorskiet rys gehad van gistraand wat ek sommer omgetower het in die dis – nogal lekker gekom!
Resep:
1 pakkie sampioene opgesny
Oorskiet rys (myne was ongeveer 2-3 koppies gaar jasmine rys)
250 ml melk
125 ml mayonnaise
4 eetlepels maizena/corn starch
1/2 teelepel sout
2 blikkies tuna
1 eetlepel botter
2 koppies gerasperede kaas (ek het mature cheddar gebruik)
1/4 teelepel crushed garlic
1 teelepel onion powder (koop dit by woolies se spices, maar ‘n baie fyn gesnyde uitjie sal ook werk)
1 sakkie fish stock (hoender stock sal ook lekker werk)
1 eier
Metode
Smelt botter in ‘n pan, braai sampioene tot gaar (as jy ‘n ui gebruik braai dit saam die sampioene) wanneer sampioene gaar is gooi die oorskiet rys daarby en braai dit liggies, gooi garlic by asook fish stock en tuna (gooi water of olie af voor jy dit by die rys mengsel gooi) braai nog bietjie en haal van die plaat af … Meng helfte van die kaas by die rys mengsel …. In ‘n mengbak gooi jou melk en sout en maizena saam en roer goed om seker te maak maizene is mooi opgelos, gooi mayonnaise by die melk, gooi eier by en meng deeglik.
Gooi rys-tuna mengsel by die melk mengsel en roer als goed saam, smeer glasbak met bietjie botter of spray met spray n cook en gooi jou mengsel daarin en bak by 180C vir ongeveer 25-30 min lank
RESEP EN 1STE FOTO: Sunette Shepperson
TWEEDE FOTO: Adam Cloete










geskuif
Dankie Sunette, hierdie is nog een van daardie lekker maklike en vinnige geregte wat as hoofmaal of bykos kan dien. Ek het wel spesiaal rys gekook daarvoor, maar dis nog steeds die moeite werd.