TUNA CHAKALAKA ROL
Tuna Rol met Chakalaka en mielies of Chakalaka en Botterskorsie
1 blaardeeg – dun uitgerol
1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn
1 koppie kaas gerasper
1 eetlepel mayonnaise
1 teelepel mosterd
1 ui gekap
vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die puff pastry
Rol die pastry op soos ‘n “jamroll” en seel die kante / onder mooi anders kook jou mengsel uit.
Sit in bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die mengsel uitkook. Maak 3 kepe bo-op rol
Verf eier of melk bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor.
Bak in oond vir 45 min by 180ºC tot gaar en goudbruin.
Geplaas deur en Foto: Celesté Oosthuizen








